Ek hou van telefone. Van praat. Komunikeer. Direk indirek. Die lewe van jou af uit te spoel. Ek hou van kyk. Ek hou van luister. Ek's versot op asemhaal. Ek hou van vry. Van sex. Van lang warm storte. Ek is lief vir fiets ry. Vir mediteer. Vir heen en weer ritsel oor gedagtes. En nog. En nog 'n keer. Ek hou van omelette vir ontbyt. Pasta met pesto vir middag ete. My tong oor 'n vel. Van steak en 'n slaai vir aand ete. Ek's holderstebolder oor skep en speel.
No comments:
Post a Comment